Friday 7 August 2015

Skakel Windows 10 se "Update Sharing" af.

08:45 Posted by Jurgens Krause No comments

Windows 10 het 'n nuwe manier om opdaterings te versprei. In effek gebruik dit jou rekenaar as 'n bediener vir ander mense wat die opdatering wil aflaai. Dit beteken dat jou internet bandwydte gebruik word sonder jou toestemming.

Gelukkig kan 'n mens dit afskakel soos hieronder aangedui.


Stap 1:


  1. Kliek op die Start Menu
  2. In die soek blokkie, tik "update"
  3. Kies "Windows Update Settings"


Stap 2


  1.  Kliek op die opsie wat sê "Advanced Options"



Stap 3

  1. Kliek op "Choose how updates are delivered"


Stap 4

Lees asseblief die inligting wat verskaf word op hierdie blad noukeurig deur. U kan dan self besluit wat die beste opsie vir jou opset is. Ek beveel aan dat u gebruik maak van die opsie wat sê "PCs on my local network". As u meer as een Windows 10 rekenaar op die netwerk het, mag dit selfs u dataverbruik verminder.

  1. Kies die opsie wat die beste vir u sal werk (of skakel "Update Sharing" heeltemaal af).
  2. Maak die venster toe om die verandering toe te pas.

0 comments:

Post a Comment